Vliegtuig gly, mense beseer

’n Airbus V330 van Thai Airways is die tweede vliegtuig binne twee weke wat in ’n ongeluk betrokke is. Hierdie keer het die vliegtuig op die aanloopbaan gegly nadat ’n fout in die wielbasis ontstaan het.

Veertien mense van die 280 insittendes in die vliegtuig is beseer, en moes na ’n naby geleë hospitaal in Bangkok geneem word vir behandeling.

Woordvoerders sê dat die meeste van die 14 mense hul beserings opgedoen het toe die vliegtuig ontruim is.

Twee weke gelede is 20 mense beseer in ’n Thai Airways se Airbus A380 toe turbulensie ervaar is tydens ’n landing.