Vir die huisvrou- Malvalekkerdroomtert

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

 

Hierdie week deel ons ‘n droom van ‘n tert met die lesers! Dis voorwaar ‘n trefferresep.

 

Malvalekkerdroomtert:

 

Bestanddele:

1 397g blikkie Kondensmelk

125 ml Suurlemoensap

½ x 100g pakkie glanskersies (gekap)

150g Malvalekkers (gesnipper)

250g Houer Gladde Maaskaas

1 440g Gedreineerde Blikkie Pynappel Crush (opsioneel)

250ml Vars room

1 pakkie Tennisbekuitjies/Vingerbeskuitjies

Ekstra geklitse room (opsioneel)

 

Metode:

Meng die kondensmelk en die suurlemoensap.

Voeg die glanskersies(hou ‘n paar eenkant vir versiering), malvalekkers, maaskaas en pynappel by.

Klits die room styf en vou by die mengsel in.

Pak die beskuitjies in ‘n glasbak en giet die mengsel bo-oor.

Versier met die orige glanskersies en ekstra geklitste room, indien verkies.

Verkoel ‘n paar uur voor gebruik