Vir die huisvrou- Koffie roomtert

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Niks is so lekker soos hierdie tert op ‘n warm dag nie! Jy gaan verseker ‘n paar komplimente kry as jy hierdie tert maak- probeer dit gerus!

 

Koffie roomtert:

 

Mariekoekies

30ml Kitskoffie

¾ koppie Kookwater

15ml Gelatien

1pakkie Orley whip

1blikkie Karamel kondensmelk

33g Donker sjokolade (fyn gerasper)

 

Pak die mariekoekies in ‘n klein tertbak.

Los die koffie op in die kookwater. Gooi 1 teelepel koffie op elke koekie.

Los die gelatien op in die res van die koffie en laat dit ‘n bietjie afkoel.

Klits die orley wip styf.

Voeg die kondensmelk by die orleywhip en klits goed.

Voeg die koffie-oplossing by en klits goed.

Gooi dit bo-oor die koekies.

Strooi die gerasperde sjokolade oor.

Laat stol in die yskas.