Vir die huisvrou- Klam koffiekoek

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Die lente is hier, en ons vier dit vir die volgende paar weke met heerlike koek- en tertresepte. Ons spring weg met ‘n lekker klam Koffiekoek.

 

Klam koffie koek:

Die mengsel  is genoeg vir ‘n 35cm x 25cm glasbak

6 eiers

400ml Suiker

120ml Kakao

200ml Louwarm water

120ml Olie

500ml Koek meel

4ml Sout

20ml Bakpoeier

 

Metode:

Klits die eiers en suiker tot lig en donsig.  Meng die kakao met louwarm water en voeg die olie by.

Sif die droë bestandele in die eiermengsel.

NB! Sif die bakpoeier laaste by!

Bak in ‘n medium oond 180 grade vir 30 – 35 min.

Wanneer die koek reg is, druk gaatjies in met `n vurk en gooi stroop oor terwyl die koek nog warm is.

 

Stroop

1 1/2 Koppie water

1 1/2 Koppie suiker

15ml Koffie poeier

10ml Vanilla geursel

 

Sit in die yskas en laat die koek behoorlik koud word (as dit kan, laat die koek `n dag staan), sit dan die volgende bo-op die koek.

 

1 Boksie orley whip (2 sakkies) of 175ml room

1 Blikkie karamel

 

Klits die room tot styf en vou die karamel by die room in. 

Krummel `n flake bo-oor vir versiersel.