Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).
Hierdie week het ons ‘n heerlike sjokoladekoek , waarvan karringmelk een van sy bestanddele is. Geniet dit!
Karringmelk sjokoladekoek:
Bestanddele:
1½ koppie strooisuiker
125ml botter
125ml kakao
250ml warm water
500ml koekmeelblom
2 eiers
125ml karringmelk
10ml vanilla
5ml kremetart
5ml koeksoda
¼ teelepel sout
Metode:
Meng die kakao met die warm water.
Meng die koeksoda met die karringmelk.
Sif die droë bestandele. Klop die botter en suiker goed.
Klop die eiers goed. Voeg die eiers by die botter.
Voeg dit by die meel om die beurt met kakao en melk.
Gooi die vanilla by. Klop met ‘n houtlepel.
Bak by 180ºC vir 25 minute.
Versiersel:
250 g (270 ml) sagte botter
500g (960 ml) versiersuiker
6 groot eetlepels hoogvol kakao
50 ml karringmelk
Sjokolade snysels, of sommer net ‘ n groot flake
Sit die botter in jou elektriese menger.
Sif die versiersuiker en kakao saam.
Voeg dit by die botter.
Meng alles goed saam en voeg karringmelk by vir gladde versiersel.
Versier koek as dit heeltemal afgekoel is, sprinkel met sjokolade sprinkels of krummel ‘n flake bo-oor
Nuutste kommentaar