Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).
Hierdie week het ons ‘n heerlike Appelkrummel-resep. Dis flatervry en baie maklik om te maak. Geniet dit!
Appelkrummel:
3Koppies Bruismeel
375ml Suiker
300g Margarien
1 groot blik Tertappels
Rosyne
Kaneel suiker
Room- styf geklits
Voorverhit die oond tot 180 grade.
Maak ‘n krummeldeeg van die bruismeel, suiker en margarien. Druk twee derdes van die deeg in ‘n gesmeerde terbak.
Pak die tertappels en rosyne bo-oor.
Strooi die kaneel-suiker bo-oor.
Krummel die res van die deeg bo-oor.
Bak vir 40 – 45minute.
Bedien saam met room.
Nuutste kommentaar