Verloofring verloor en gevind

As jy jou verloofring opdie strand van Mosselbaai verloor het, is daar ’n baie skraal kans dat dit gevind gaan word.

As die verloofring, ter waarde van R50,000 dan eers die volgende dag gesoek word, is die kanse eintlik ’n ronde nul.

Die ring van Marizda Kruger van Verwoerdburg het haar ring daar verloor en het byna hartkrampe gekry oor die verskriklike ding wat haar oorgekom het.

Marizda sê die baie gebede van Mosselbaaiers, wat sy toe leer ken het, en die hulp wat aangebied is, het dinge makliker gemaak.

Dit is eers toe die jong seun Dirk met sy metaalverklikkertjie opdaag, dat die ring gevind is – so 15 sentimeter onder die sand begrawe.

Dirk wou nie die R600 aanvaar wat sy hom wou betaal nie, maar sy het aangedring daarop.

Sy sê dit is die wonderlikste mense, want almal het hulp verleen, elk op ’n besondere manier.