Verkenners ondersteun CVO-Vierfontein

Die Verkenners het gedurende September 2013 die CVO skool van Vierfontein  besoek. 

Die Trofeë is aan die skool oorhandig aan die skoolhoof, mev. Lore de Vos, deur mnr. Johan  de la Rey en mnr. Andre Muller.

Die Aardrykskunde Trofee is geborg deur Ds. George Botha van die Lister Manne. Die Trofee simboliseer die aarde word in die Hand van God gehou en Hy het beheer oor die ganse skepping. 

Die Geskiedenis en Dux leerling se trofee is geborg deur die Verkenners van Klerksdorp. 

Die kinders moet n opstel skryf oor die Groot Trek om te kwalifiseer vir die Geskiedenis trofee.

Die wenners van dié wisseltrofeë ontvang elkeen n medalje wat hul eiendom is.