Veediefstal skrikwekkend hoog

’n Akademikus van Unisa, Willie Clack, sê dat veediefstal in Transvaal die afgelope twee jaar in bepaalde omgewings tot 200% toegeneem het.

Hy het die inligting bekend gemaak tydens ’n hofsitting imet die verhoor van Tinus Groenewald wat aansoek om borgtog gedoen het.

Clack sê dat byna 200 beeste en 250 skape word daagliks in Suid-Afrika gesteel wat boerdery in die land uiters moeilik maak.

Groenewald word verdink daarvan dat hy betrokke is by ’n sindikaat wat sowat R2,5 miljoen se vee gesteel in verskillende distrikte in Transvaal.

Baie van die vee wat gesteel is, was stoetdiere, waarvan sommige dragtig was.

Groenewald het hom glo verlede Vrydag aan die polisie se veediefstal-eenheid oorgegee nadat sy foto in koerante en op TV gesien is.