Veediefstal – nog klagtes

’n Man van Heidelberg, Tinus Groenewald, se handelinge word verder ondersoek nadat nog ’n klagte van veediefstal by die polisie aangemeld is.

Groenewald word aangehou weens aanklag op veediefstal, nadat hy homself by die polisie op Nylstroom gaan aanmeld het.

Na bewering is hy betrokke by die diefstal van beeste ter waarde van sowat R2,7 miljoen, waarvan die die meeste diere dragtig was en ander was stoetbeeste.

Groenewald se borgtogaansoek het gister begin, maar is uitgestel.

Klagtes van bokke wat gesteel is in die Marble Hall en Warmbad distrikte, ter waarde van R160,000, sal in afsonderlike klagstate ingedien word teen Groenewald.

Groenewald het homself aan die polisie oorgegee nadat ’n foto van sy vragmotor wat blykbaar by die misdaad betrokke was, in Die Vryburger en ander media verskyn het.

 

 . .