Van Gogh skildery ontdek

In Amsterdam, Nederland, het die Van Gogh-museum ‘n verlore Vincent Van Gogh werk geïdentifiseer wat ook die eerste volledige werk is wat van dié meester ontdek is sedert 1928.

Die skildery, bekend as “Sonsondergang by Montmajour” beeld die bome, bosse en hemelruim uit wat Van Gogh lank gelede aan sy broer, Theo, beskryf het wat hy toe na raming op 4 Julie 1888 geskilder het.

Kunskenners sê die Van Gogh-kunswerk is eg verklaar uit bewyse soos deur briewe, die onmiskenbare styl van die werk, en die materiaal wat gebruik is.

Axel Rueger, direkteur van die kunsmuseum beskryf die ontdekking as ‘n “besondere ervaring wat mens nooit weer sal beleef nie”.