Vakbond soek beter Onderwys

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) is besig met ’n intensiewe ondersoek na die moontlikheid om ’n internasionaal erkende matriekeindeksamen te bekom vir Afrikaanssprekende leerlinge.

Die president van SAOU, Dr. Jopie Breed, het  tydens ’n simposium gesê dié vakbond kyk na stappe om Afrikaanse onderrig, asook die taal te beskerm.

Hy het daarop gewys dat kundiges in die vakbond gaan binnekort van die Afrikaanse stamlande besoek om te kyk wat die moontlikhede is.

Volgens dr. Breed is die bedoeling nie om in opposisie met die Departement van Onderwys te kom nie, maar eerder seker te maak dat Afrikaans in sekere provinsies sal bly voortleef wanneer dit moeiliker word vir Afrikaanse leerlinge.

Sacai is ook intussen besig om as onafhanklike eksamen liggaam, akkreditasie te bekom by Umalusi.