Tuks dosent loop oor haatspraak

Dr. Louise Mabille, ’n dosent in filosofie, aan die Universiteit van Pretoria (UP) het haar bedanking ingedien na bewerings dat sy haar skuldig gemaak het aan rassisme en haatspraak.

 

Dr. Mabille het op ’n webblad sekere stellings gemaak wat nou as haatspraak gesien word en wat deur die Universiteit van Pretoria ondersoek word.

Sy skryf onder die opskrif “Die vreemde verraad deur feminisme teenoor die Weste”  soos volg: “Natuurlik is dit veel makliker om eindeloos te teem oor ‘Calvinisme’ as om die vraag te vra waarom baba-verkragting ’n kulturele fenomeen onder die swart bevolkingsgroepe is. Persoonlik sou ek dink dat dit ’n prioriteit sou wees om maalvleis te maak van ’n veelwywer wat van gewelddadige verkragting aangekla is en in wie se taal daar nie eens ’n woord vir hierdie misdaad bestaan het voor die koms van blankes nie.”

 

Na aanleiding van haar uitlatings het dr. Piet Croucamp, dosent aan die Universiteit van Johannesburg (UJ), ’n brief aan die UP geskryf  waarin hy haar uitlatings as blatante rassisme en haatspraak beskou.

Dr. Mabille is in proses om Suid-Afrika vir goed te verlaat.