TRADISIONELE HERDENKING OP ERFENISDAG

Die jaarlikse Eerbetoon by die Moorddrift Monument, suid van Potgietersrust {Makapan} aan die oewers van die Nylrivier langs die ou N-1, word weereens beplan vir Erfenisdag, Maandag 24 September 2013. Ons sal D.V. om 10:30 v.m. by die Monumentjie vergader waar daar in nagedagtenis van die afgestorwenes kranse gelê, en ook ‘n geskiedkundige praatjie gelewer sal word. Daarna sal ons soos gebruiklik Potgietersrus besoek, waar ‘n kranslegging by KmdKommandant-Generaal Piet Potgieter se graf op die Stadsplein sal plaasvind waarna die hongeriges iets te ete in die dorp kan koop. Die middag beplan ons om weer uit te ry na Makapansgat toe, waar die verloop van die stryd tydens die beleg in 1854, in opvolging van die moorde by Moorddrift, vertel sal word.

As deel van die landswye bewusmaking van die herdenking van die Groot Trek, asook die Slag van Bloedrivier 175 jaar gelede, beoog ons om op Erfenisdag ‘n gedenksteen met die Groot Trek-175 embleem daarop ook te Moorddrift te onthul.

Alle belangstellendes word versoek on kranse of blomme te bring
vir die twee kransleggingsgeleenthede.
‘n Hoofbedekking en u eie opvoubare-sitplek, is ook aan te beveel.

Stel asb. wyd bekend ek kom betaal self ook hierdie ereskuld in eerbied teenoor hulle wat met hul lewens betaal het in die pioniersjare; hier waar hulle meegewerk het om ‘n welvaartbeskawing, gesetel in Christelike beginsels, ook in die verre noorde van ons Vaderland te vestig tot voordeel van al die land se inwoners.

Johan Willemse
Afrikaner Kultuurleier