Toe vlug die terroriste

“Ek maak julle almal dood vandag” was die woorde van ’n gewapende terroris wat sy vuurwapen op die vrou in die huis gerig het.

Die skurke het egter nie rekening gehou met die warm bloed wat deur die are van ’n kwaai boerevrou pomp nie.

Lea Minnaar %%) en haar seun Danie Botha (30) het egter getoon dat dit nie so maklik is om hulle net dood te maak nie.

Sy het met haar man se kierie, die aanvaller aanhoudend gemoker en die seun het met die kaalvuis onder hulle ingeklim.

Die geveg was so hewig, dat die terroriste verkies het om voet in die wind te slaan.

Lea is ’n oud-weermag offisier, wat haar nie maklik laat afskrik deur ander nie, en haar seun is ’n baasvegter.

Die polisie was redelik gou op die toneel, maar Lea moes steke in haar kop kry waar die terroris haar met die handwapen teen die kop geslaan het.

Sy sê hulle huis is nie ’n “gou-gou instap en steel plekkie nie”,