Die gestremde kleurling seun van die Wes-Kaap, Flippie Engelbrecht, het met ’n hartseer-storie duisende mense se harte aangeraak gedurende die afgelope maande nadat berig is van ’n beweerde aanranding deur ’n wynboer van die omgewing.
In ’n ondersoek wat deur Rapport se joernaliste gedoen is, het ander feite na vore gekom wat daarop dui dat alles rondom die gestremde se omstandighede, ’n spul leuens is.
Dié onthulling kom kort nadat die beskuldigde, mnr. Johnny Burger (62), selfmoord gepleeg het om sy familie te beskerm teen die valse beskuldigings wat gemaak is.
Na wat berig word kon mnr. Burger nie die spanning verduur nie en het hy selfmoord as enigste uitweg gekies.
Dit blyk nou dat die aansprake wat gemaak is, alles verdigsels en leuens is. Die kleurling seun is reeds jare gepla met epileptiese aanvalle volgens kleurlinge wat hom ken, en dit is nie as gevolg van Burger se sogenaamde “aanranding” veroorsaak nie.
Die opspraakwekkende onthulling bring mee dat daar weinig waarheid in al die ander beskuldigings
Die saak het baie emosies in die gebied losgemaak toe die bewering gemaak is dat Flippie epilepsie het en blind geword het tydens na ’n operasie wat gedoen is nadat hy aangerand is, en boonop sy hande verloor het omdat hy tydens ’n aanval in die vuur geval het.
Drie onafhanklike bronne wat Engelbrecht reeds jare ken, het glo aan Rapport gesê hy het lánk voor die beweerde aanranding, epilepsie gehad.
Dit blyk dus uit die berig in Rapport dat die die meeste bewerings teen mnr. Burger, alles verdigsels en leuens
Een waarnemer het gesê die leuens het daartoe gelei dat ’n man wat onskuldig
Kan daar nie op een of ander manier ‘n saak gemaak word teen die Papenfuss wat haar voordoen as sogenaamde menseregteprokureur nie ? Sy is ‘n gevaar vir die samelewing en ‘n skandvlek op die mensdom.
Verw: “Kan daar nie op een of ander manier ‘n saak gemaak word teen die Papenfuss wat haar voordoen as sogenaamde menseregteprokureur nie ?”
Goeiedag Boere,
Ek ken self nie die feite agter die saak nie, maar my raad aan wyle mnr. Burger se naasbestaandes is om iemand met integriteit aan te stel en die feite behoorlik te laat ondersoek.
As dit sou blyk dat die mev. Papenfuss wel ‘n sensasionele verdigsel gebruik het om ‘n gemeenskap se gemoedere op te sweep en mnr. Burger en sy gesin se lewens verwoes het met ‘n sg. menseregte-leuen, dan moet sy dubbeld en dwars aan die pen ry en haar straf van so ‘n aard wees dat ander twee keer sal dink voor hulle valse getuienis aflê wat onskuldiges se lewens kan verwoes.
Ongelukkig aanvaar die meeste mense te maklik onreg maar gelate. Hulle besef nie dat deur stil te bly en dit nie aan te spreek nie, hulle die kwaaddoener net sterk in sy kwaad en ander onskuldiges dan ook daaronder kanlaat lei.
Boeregroete,
DuP
Carina Papenfus is n wanna be, sy moet verantwoording doen vir al haar leuens. Sy moet sommer uit SA verban word, gemors. Hoop die onskuldige dood van Mnr Burger is vir altyd en ewig op haar gewete by gese as sy ‘n gewete het.
Ek het altyd gedink dat epilepsie en demone verband het met mekaar.
Die pa het by Jesus gesmeek en gese dat die demoon probeer sy seun in die vuur gooi, of in die water. Dit klink vir my of ons met slim wetenskap bose geeste vervang met sielkundige probleme. Al die mense wat demone het moet op medikasie kom en in eeufees huis gesit word
sodat hulle niemand pla nie. Ek wonder of daar iemand is wat vir hulle sal kan bid. Of gaan daai soort net uitkom met vas en gebed?
As ons meer geloof en vertroue gehad het… Jesus kom gou.
Julle gesien hoe pragtig Carina Papanfus op Twitter aangaan? Herinner uit ‘n scene van Planet of the Apes. Soos ‘n aap wat ruk en pluk aan die tralies om gesien te word.
Ek stem saam dat Mnr Burger se familie, n saak maak teen die regering sowel as die sogenaamde prokureur Carina Papenfus. Almal wil net altyd gemaklik beskuldigings na vore gooi, maar nooit werklik ingaan tot die werklike waarheid nie. Dit is maklik om mense vals te beskuldig. Maar besef Carina Papenfus dat sy hierdie familie vir altyd ontneem het van ‘n vader en broodwinner vir sy gesin. Sy het geen gewete nie, en moet onmiddellik van die Prokureurs Orde Rol geskraap word. Ek hoop dat mev Burger ‘n eis teen haar gaan instel sowel as teen die regering.