TLU SA hou kongres

TLU SA se Algemene Jaarkongres vind plaas op 18 en 19 September 2013 in Pretoria.

Onder die tema “Groei Saam”, sal die eerste dag se verrigtinge, behalwe vir TLU SA se eie afgevaardigdes, ook oop wees vir die media en gaste.  Dit vind plaas by die WNNR se Internasionale Konferensiesentrum.

TLU SA se President, mnr. Louis Meintjes, sal sy Presidentsrede lewer, en daarna is daar verskeie gassprekers wat gaan optree.

Mnr Schalk Pienaar, Voorsitter Agbiz, sal praat oor die rol van die landbousektor in die voortbestaan van die voedselverskaffingsketting.

Prof Johan Willemse, Voorsitter van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, sal praat oor die posisionering van die landbouer en aanpassings wat gemaak kan word om volhoubaar binne die landbou-omgewing te funksioneer.

Dr Anthea Jeffery van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge sal die impak van ANC beleid op voedselsekerheid en verwante vraagstukke hanteer.

Mnr John Rankin, ‘n Graanboer uit die Noordwes Provinsie sal die boer se rol in die voedselketting bespreek.

Tydens die tweede dag se geslote byeenkoms vir lede, sal TLU SA se strategie vir die volgende jaar bespreek word.

TLU SA se nuwe leiers sal ook tydens die eerste dag se verrigtinge aangewys word.