Tjek onderskep nou SAID verlies

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is ’n aansienlike bedrag kwyt, en dit nadat hul tjek aan ’n maatskappy gepos het, wat onderskep is deur skelms, vinnig gedeponeer is en toe weer onttrek is.

Die tjek vir R724,494 was ten opsigte van ’n terugbetaling van ’n oor verhaling van inkomstebelasting wat die SAID aan ’n maatskappy, bekend as Stabilpave, gestuur het om die oorverhaling reg te stel.

Uiteindelik het die saak in die hof gedraai, en appèlregters F. Brand, C. Lewis, Theron en F. Meyer het beslis dat die SAID verantwoordelik is vir die fout omdat die maatskappy nie gevra is hoe die geld terug betaal moet word nie.

Stabilpave het nie hul bankbesonderhede op die belastingaanslag verstrek nie en die SAID het net besluit om die tjek te pos.

Omdat Stabilpave dus nooit betaling per tjek aangevra het nie, het die SAID die risiko geloop dat die tjek in die pos kan wegraak of gesteel kan word.

SAID is beveel om die R728 474 aan Stabilpave te betaal, plus rente vir die tydperk van sowat sewe jaar, plus al die regskoste van ’n Hooggeregshof- en ’n saak in die Appèlhof.

In totaal kan dit nog ’n paar honderdduisend Rand beteken..