Terroriste vermoor onderwyser

In Zeerust is die oud skoolhoof, mnr. Sollie Botha (71), in sy woonhuis doodgeskiet deur minstens twee terroriste wat die huis binnegedring het.

Die mense van Zeerust in die Wes-Transvaal, het met skok en woede kennis geneem van die wrede aanval op die egpaar wat vir jare in diens van die gemeenskap gestaan het.

As alom beminde, het hy tot sy onverwagse dood, nog wiskunde klas gegee by die plaaslike Hoërskool.

Twee van die boewe is reeds opgespoor en in hegtenis geneem.

Die egpaar was na ’n bruilof en hulle dogter, Elru het eers later as hulle huiswaarts gekeer.

Toe sy tuis kom, het sy onraad gemerk omdat die motor se een deur oopgestaan het met niemand in sig nie. Sy is terug na die geselligheid waar sy twee mans gevra het om die huis te deursoek.

Hulle het mnr. Botha se lewelose liggaam gevind en sy eggenote was vasgebind.

Die terroriste het met besittings van die egpaar weggekom, maar twee is later vasgekeer..

Mnr. Botha word Vrydag vanuit die NG Kerk in Zeerust begrawe.