Taboe met gedupliseerde ID nommers

Die Departement Binnelandse Sake het aangekondig dat die duplisering van ID nommers teen Oktober vanjaar ongeldig verklaar sal word.

Dit bring mee dat die ID-nommers wat gedupliseer is, gekanselleer gaan word en totaal verwyder sal word van die Nasionale bevolkingsregister.

Die Departement vra dat mense moet seker maak dat hulle ID nommers nie gedupliseer is nie. Om dit te doen kan hulle ’n SMS stuur na 32551. Tik ’n hoofletter “D” vooraan jou ID nommer en jy sal spoedig weet wat die situasie is.

Jy kan ook Binnelandse Sake se webblad besoek by www. dha.gov.za, en volg die skakel “duplicate” om te bepaal of jou ID-nommer gedupliseer is

Meningsvormers wys daarop dat dit belangrik is om seker te maak jou ID is nie gedupliseer nie, want sodra die nuwe ID-kaart ingebring word, kan dit ernstige probleme inhou as jou ID nommer geskrap is.