Swanger Suid-Afrikaner angsvol in Nairobi

Mev. Annerie Jansen van Rensburg, en haar man woon in Nairobi, sowat 1 km weg van die Westgate terrein waar die terreuraanval plaasgevind het.

Annerie is swanger en het saam met haar man besluit om nie die betrokke dag na die winkelsentrum te gaan nie omdat daar te veel mense op dié dag sou wees.

Sy ken minstens drie ander vroue wat ook swanger was, wat tydens die aanval doodgeskiet is, en daar is minstens een swanger dame wat wyslik, soos Annerie besluit het om nie die sentrum te besoek nie weens die baie mense in die gebou.

Annerie het ook besluit om, na die aanval uitgevoer is, nie die huis te verlaat nie, tot die hele terreurdaad opgelos is en daar weer rustigheid gekom het.

Die Vryburger het ook vertroulik verneem dat ’n ander swanger vrou in die kompleks was toe die aanval begin het. Sy het vanweë haar angs, in kraam gegaan.

Annerie sê dat daar lank voor die tyd reeds waarskuwings uitgereik is dat die militante Al-Sjabaab ’n gewelddadige aanval in Nairobi gaan uitvoer

Foto – Westgate sentrum