Suid-Afrika satelliet word gelanseer

Dit is die derde satelliet van Suid-Afrika wat gebou is, maar die eerste nano-satelliet wat gebou is in die land, word na Delft in Nederland, verskeep om daar saam met ander internasionale satelliete verpak te word vir lansering.

Die stelliet, Zacube-1, weeg net meer as ’n kilogram, maar beskik oor al die funksies wat nodig is vir die doel waarvoor dit benodig word.

Die satelliet is in die Kaapse Skiereiland se Universiteit vir Tegnologie gebou.

Toegerus met ’n kamera, telebevel asook telemetrie-radio’s tesame met ’n hoëfrekwensie baken-sender, is die knapie gereed om gebruik te word om die ionosfeer oor die Suidpool te bestudeer.

Die navorsing word in samewerking met SANSA-ruimtewetenskap en Suid-Afrika se radar-sisteem by Antarktika gedoen.

Die lansering sal waarskynlik in November vanjaar vanaf Yasny, tussen Rusland en Kazakstan, plaasvind.

Zacube1 se wentelbaan is sowat 600 km bokant die aarde en gaan beheer word vanaf die Universiteit se kampus in Bellville.

Foto – Zacube1