Suid-Afrika lees nie genoeg

Slegs 14% van Suid-Afrikaners lees boeke en ’n skrale 1% is bereid om te betaal vir ’n boek om te lees daarin.

Hierdie skokkende gegewens is bekend gemaak deur die Suid-Afrikaanse Boek-ontwikkelings Raad tydens die nasionale boekeweek.

Wat egter nog erger is volgens die Raad se woordvoerders, is dat hoogstens 5% van ouers vir hulle voorskoolse kinders voorlees uit boeke, wat meebring dat kinders grootword sonder die liefde vir lees.

Kenners sê dat kinders, waarvan die ouers self nooit lees nie, ook nie die leesgewoonte gaan aanleer nie, wat weer ’n nadelige uitwerking op studie vermoëns veroorsaak.

Die land sit juis met ’n onderrig stelsel wat Suid-Afrika in die 133ste plek uit 142 lande plaas volgens die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se jongste verslag.

Die drastiese afname in boekverkope in die land, is ’n bevestiging van die tendens.

’n Voormalige dosent aan die Universiteit van Pretoria sê daar is talle faktore wat in ag geneem moet word, waarvan twee ’n sterk invloed het, naamlik die swakker wordende Rand veroorsaak dat huishoudings al minder geld beskikbaar het vir boek aankope, en biblioteke se agteruitgang maak dat die plekke nie meer besoek kan word nie.