Suid-Afrika is op ‘n kruitvat

Op die internet is berigte gevind wat daarop dui dat Pretoria as ’n “rendezvous-terrein” bestempel is wat talle vrae laat ontstaan oor wat Al-Sjabaab met so ’n ‘twiet’ wil oordra.

Waarnemers meen dit is moontlik dat Pretoria geteiken word vir ’n volgende aanval van soortgelyke aard as wat in Nairobi plaasgevind het.

’n Ander boodskap lui dat die laaste reëlings getref word om die volgende aanval van stapel te stuur.

Dit beteken dat een van twee moontlikhede bestaan, naamlik dat dit meebring Pretoria is ’n volgende teiken, of dat dit juis so gestel word om misleidend te wees en daarmee probeer om paniek te veroorsaak.

Die “boodskappe” lui ook dat ander stede soos Addis Abeba en Kampala ook as “rendezvous” geteiken word.

Dit is nog nie seker of Al-Sjabaab se terroriste wel verantwoordelik is vir die boodskappe nie, want die adres waarvandaan dit gestuur is, is kort daarna gekanselleer.

Die aanvallers wat in Nairobi chaos veroorsaak het, kon nie betyds uit Kenia vlug nie en is vasgetrap op die lughawe. Dit laat die moontlikheid dat daar mettertyd meer duidelikheid kan kom oor wie die aanvallers is en wat hulle motiewe is.

Prof. Hussein Solomon, ’n kenner  van terreuraanvalle en lektor in politieke wetenskap verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, sê dit is bekend dat die “Al-Sjabaab mujahideen-beweging” ook in Suid-Afrika ’n aantal vestings het.

Intussen het Die Vryburger berigte ontvang wat bevestig dat die terreurgroep verskeie basisse in Suid-Afrika het.

’n Voormalige weermag offisier sê Suid-Afrika word ’n kruitvat, want sy onbekwame soldate, en bankrot weermag, sal sodanige aanval nie behoorlik kan afweer nie.

Dit is ook bekend dat die SAPD te veel korrupte en oneerlike polisiebeamptes in sy geledere het, wat die moontlikheid bevat dat van die terroriste reeds in die polisiediens ingesypel het.

’n Navorser oor terreur, verbonde aan die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS), sê Al-Sjabaab het vroeër direk aan haar erken dat Suid-Afrika as ’n basis gebruik word.

Waarnemers wil weet of die Suid-Afrikaanse regering bewustelik tevrede is daarmee dat terroriste in die land toegelaat word.

Die Vryburger het ’n geruime tyd gelede berig dat Al-Kaïda ook basisse in die land het.

“Die belangrikste rede waarom Al-Sjabaab nog nie hier aangeval het nie, is omdat die RSA ’n goeie skuilplek is waar hulle maklik vervalste dokumente en paspoorte kan bekom,” het Solomon gesê.

Berigte is ook ontvang dat die Al-Sjabaab dosyne Amerikaners gewerf het.