Stormloop uit Rusland

Die Russe het ewe skielik besef dat Suid-Afrikaanse wyne, veral die vonkelwyne, van die beste ter wereld is, en nou is daar ’n stormloop soos min.

Rusland se aankope van Suid-Afrikaanse wyne het hierdie jaar tot 31 Augustus bykans vierkeer meer geword as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Uitvoere het met meer as 54 miljoen liter gestyg en kan toegeskryf word aan die tekorte in Europa weens ’n swak oesjaar.

Rusland koop tradisioneel baie wyn van Spanje en Frankryk, maar moes hulle noodgedwonge tot die Suid-Afrikaanse mark begeef.

Vanjaar se wyn uitvoere het alle vorige rekords oortref. Rusland het vanjaar onder die drie grootste aankopers van Suid-Afrikaanse wyne staan. Brittanje is bo aan die lys, en kort op sy hakke is Duitsland in die tweede plek.

Volgens ’n woordvoerder het Suid-Afrikaanse wyne nou die Spaanse wyne vervang wat normaalweg deur Rusland aangekoop word.

Die totale uitvoer van wyn in die tydperk, wat grootmaat insluit, het met 42% tot 534,9 miljoen liter gestyg.