Steenkamp-moorde verhoor begin

Die Griekwastad-moordverhoor begin vandag in die hooggeregshof van Noord-Kaap waar die ondersoekbeampte, kol. Dick de Waal, die kruisondervraging sal waarneem.

 

Kol. De Waal het voorheen bekend gemaak dat hy worstel met die wete dat ’n minderjarige seun as hoofverdagte aangekla word, en onder kruisverhoor geplaas sal word.

Die minderjarige seun, nou reeds 17 jaar oud, word daarvan beskuldig dat hy die moord op mnr. Deon Steenkamp, sowel as op Christel en Marthella Steenkamp gepleeg het, en ook beskuldig word daarvan dat hy die dogter, Marthella verkrag het.

Die staat het blykbaar verlede week dokumente ontvang waarin die verdediging redes uiteengesit waarom die saak uitgestel moet word.

Die skolier, Don Steenkamp, is die enigste oorlewende van die gesin. Hy was blykbaar nie in die huis toe die moorde plaasgevind het nie.