Staatsamptenare – skool toe!

Lindiwe Sisulu, Minister van Staatsdiens en Administrasie, het glo gesê dat alle staatsamptenare gaan verplig word om ’n nuwe diens-manifes te onderteken en die nuwe “regering skool” moet ook bygewoon word.

 

Sy het ook verklaar dat “niemand voortaan aangestel word as hulle nie die regering se skool bygewoon het nie,” want sy reken die “skool” is juis gestig om ’n soort kultuur te vestig in die staatsdiens. Die bywoning is verpligtend, van ’n gewone arbeider tot ’n ingenieur. Die “skool” word glo op 21 Oktober amptelik bekend gestel.

 

Sisulu het voorheen die Batho Pele-inbelsentrum ingestel waarheen mense kan skakel om swak diens aan te meld. Die nommer is 0860 428 399. Na wat berig word het die stelsel tot hede blykbaar weinig positiewe resultate gelewer.

Foto – Lindiwe Sisulu