Staat staak vervolging van Burger

Die staat het verlede Vrydag die klag teen wyle mnr. Johnny Burger teruggetrek nadat hy selfmoord geplaag het weens die onnodige spanning wat op hom toegepas is.

Mnr. Wilhelm Treurnicht, die mede-beskuldigde, het in die landdroshof op Asthon verskyn op aanklag van aanranding op Flippie Engelbrecht (19).

Landdros Jacobus Breal het die klag teen Burger teruggetrek en die saak tot 14 Oktober uitgestel. Die verrigtinge was binne minute afgehandel.

Die mense in die stampvol hofsaal was almal ondersteuners van Treurnicht.

Talle kleurlinge wat Engelbrecht ken, sê hulle weet hy is baie jare reeds ’n lyer van epileptiese aanvalle en hou nie verband met die beweerde aanranding nie.

Intussen is betroubaar verneem dat die regsverteenwoordiger van Engelbrecht voorheen geskors is van die prokureursrol weens ongerymdhede.

Foto – Wilhelm Treurnicht