Staak die mors met kos

Die Verenigde Nasies het in ’n spesiale verslag aangedui dat miljarde dollar se ongebruikte voedsel weggegooi word vir verskillende redes, terwyl miljoene mense onder die broodlyn leef.

Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie (VLO) sê te veel bruikbare kos word in die wêreld vermors, veral in sogenaamde ontwikkelende lande, weens uiters ondoeltreffende oes- en metodes van opberging.

Die verslag wys ook daarop dat voedsel vermors word in die Eerstewêreld lande waar

vrugte en groente weggegooi word as die kleur ietwat verander het, en dikwels beland kos in vullis dromme omdat dit te veel is vir die maaltyd waarvoor dit gekoop is.

Die verkwisting moet ook terug gevoer word na die intensiewe arbeid wat onnodig was om daardie kos te produseer, asook die water wat vermors is in die produksie prosesse.

Die VN beraam dat daar deur vermorsing jaarliks sowat $750 miljard ( R8,250 miljard) se voedsel verlore gaan, bo en behalwe groente en vrugte. As alles saam bereken word, beloop dit sowat €1,3 miljard wat byna 4 keer meer is as wat benodig word om die honger mense van die wereld te voed.