Slim-motor uit Korea

Dit is met die klik op ’n slimfoon wat jy kan parkeer met ’n Armadillo-T-motor en wat hy homself kan opvou sodat die motortjie die helfte korter word.

Dié nuwe eksperimentele motortjie, wat elektries aangedrewe is, word in Suid-Korea ontwikkel. Sonder ’n truspieël, met ’n kamera inplek daarvan, word ’n beeld op die skerm binne in die motortjie gegooi, en is die ideale wyse om gemaklik terug te ry of maklik te parkeer.

Die motortjie se battery laai vinnig en kan binne tien minute se laai ’n afstand van sowat 100 km aflê, teen ’n gemiddelde spoed van 60 km per uur.

Die Armadillo-T kan nog nie wettig op straat in Suid-Korea gery word nie. Die land het sekere streng verpligte vereistes waaraan voldoen moet word, waarvan een is dat die voertuig botsings teen ’n bepaalde spoed, moet kan weerstaan.

Die ontwikkelaars meen die vereistes vir mikro-motors, soos die Armadillo-T, behoort ietwat verslap te word omdat hulle veel stadiger ry as ander motors.