Skoolboeke reeds afgelaai

Die Noord-Transvaalse Onderwys Departement sê daar is reeds sowat 2 miljoen skool handboeke vir die 2014-skooljaar afgelaai in die pakstore van die Departement.

Die premier, Stan Mathabatha, asook Dikeledi Magadzi, die LUR vir onderwys, het die boeke gister aan belangstellendes en die media vertoon.

Die provinsie moet egter nog 4 miljoen handboeke gereed kry vir die volgende skooljaar.

Die optrede volg na die chaos wat in vorige jare ervaar is in die provinsie, toe die meeste leerlinge geen handboeke ontvang het nie.

Volgens berigte sal die die meeste handboeke teen die einde van September afgelewer wees. Dan behoort die balans van so 25% ietwat later afgelewer te word.

Na verwagting sal aflewering vanaf die Departement se pakstore na die verskillende skole, vanaf 1 Oktober plaasvind.