Skenker gevind vir seuntjie

Die lang, moeisame, en uitgerekte soektog na ’n geskikte beenmurg skenker vir klein Dihan Meyburg is hopelik beëindig.

Dit het bekend geword dat ’n skenker uiteindelik na vore getree het.

Die tweejarige blondekop Dihan, wat ’n besonder seldsame, maar baie ernstige immuun probleem het, moes dringend hulp kry.

Dihan is gediagnoseer vir chroniese granulomateuse op ouderdom ses maande, en moet nou dringend gehelp word.

Sy ouer broer is etlike jare gelede, op tien maande ouderdom, aan die siekte oorlede.

Geneeshere meen dat Dihan nie langer as vyf jaar kan leef as hy nie ’n beenmurg oorplanting kry nie.

Nou is ’n skenker gevind, en Dihan se bekommerde ouers, het weer hoop gekry.