Sewe sterf in gru-ongeluk

In ’n botsing tussen vyf voertuie op die N6 hoofweg tussen Reddersburg en Bloemfontein, het nie minder as sewe mense omgekom nie.

Die paramedici het later bekend gemaak dat twee voertuie trompop gebots het, waarna ‘n vragmotor en twee ander voertuie weer teen die twee vasgejaag het.

Toe paramedici by die ongelukstoneel aangekom het, was vyf mense reeds dood. ’n Sesde persoon, wat baie ernstig beseer is, is dood terwyl paramedici probeer het om hom te stabiliseer. Die sewende slagoffer is in die hospitaal oorlede.