Seun ontwerp hulpprogram

’n Ontwerp om die mens se leesspoed te verbeter, is deur ’n standerd 8 leerling van Hoërskool Waterkloof in Pretoria ontwerp.

’n “Interaktiewe app” is vir ’n iPad ontwerp wat mense help wat ’n lees probleem ondervind.

Die leerling, Ulrik de Muelenaere, het sy ontwerp die naam “The Bookworm” gegee waaraan hy vir meer as ’n jaar moes werk om dit suksesvol te maak.

Hy het reeds ’n paar duisend Rand verdien met sy ontwerp.

Hy sê sy suster het ’n lees probleem gehad, en dit het hom op die gedagte gebring om iets te ontwerp om haar te help. Voordat hy daaraan begin werk het, het hy gevind dat daar nie so ’n produk, wat interaktief is, op die mark beskikbaar is nie.

Ulrik het die toestel op verskeie mense getoets en gevind dat dit beslis help.