Seun aangekla vir moord

’n Skoolseun (15) is vrygelaat onder toesig van sy pa, nadat hy aangekla is vir poging tot moord op mnr. Johan Jordaan (40), ’n onderwyser van die Hoërskool Sasolburg.

Die seun het Jordaan in die been gewond toe hy twee ander onderwysers wou gaan help om ’n handwapen by die seun af te neem.

Die seun, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, het kort tevore die pistool gerig op ’n onderwyseres, die sneller getrek, wat toe net ’n klikgeluid gemaak het.

Die moorddadige seun se ouers was ook by die hof, maar die ouma en oupa, by wie hy grootgeword het, is blykbaar verbied om met hom kontak te maak.

Hy sal nie na die Hoërskool Sasolburg mag terugkeer nie.

Kalol Muller, die skoolhoof, sê die skool het al die regte optrede gevolg om die kind te probeer help, en sy boelies is aangespreek.

Anna-Marie Engelbrecht,, ’n onderwyseres sê die personeel was bewus daarvan dat die kind geterg word en dat hy aggressief is.

Die saak is tot 22 Oktober uitgestel.

Foto – Hoërskool Sasolburg