Senior polisielid het gelieg

’n Kolonel in die SAPD van Natal, Vincent Mdunge, het blykbaar bedank toe dit bekend geword het dat hy bedrog gepleeg het omdat sy matrieksertifikaat glo vervals is.

Die bewerings het bekend geword na aanleiding van ’n interne ondersoek na die kwalifikasies en kriminele rekord van polisiebeamptes.

Sy bedanking volg kort na ’n ander skandaal in die SAPD onthul is toe die  polisiekomissaris, Riah Phiyega, ’n nuwe kommissaris vir Sentraal Transvaal moes aanstel, en sonder om te kontroleer, Maj. gen. Bethuel Zuma aangestel het.

Enkele ure na die aanstelling bekend geword het, moes dit terug getrek word as gevolg van ’n beweerde kriminele rekord.

Volgens ’n woordvoerder het Mdunge reeds 25 jaar diens agter die rug gehad, en nou gaan ’n kriminele ondersoek ingestel word teen hom vir bedrog.