Sanral bou duur streekskantoor

Wes-Kaap. – Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is besig om ’n ultra-moderne en luukse kantoorgebou op te rig in Bellville wat sowat R87 miljoen gaan kos.

’n Woordvoerder van Sanral, Kobus van der Walt, het ontken dat die oprigting van ’n kantoorkompleks iets te doen het met e-tol vir die N1 en N2 snelwee.

Die gebou sal waarskynlik voor die einde van 2013 voltooi wees om die 35 werknemers te huisves vir hulle dagtaak.

Die tender bedrag van R87 miljoen kom daarop neer dat die gebou so ingerig is dat kantoorruimte meer as R2 miljoen per werknemer kos.