SABC wil "positiewe" nuus uitsaai

Die waarnemende bedryfshoof van die SABC, Hlaudi Motsoeneng, sê mense is moeg om na misdaad en “slegte nuus” te luister, daarom gaan die SABC voortaan 70% “goeie nuus”, en hoogstens 30% slegte nuus uitsaai.

 

Hy verwys na die “goeie nuus” as “sonskyn nuus” en sê dit bou ’n nasie, want negatiewe nuus is nie meer onderwerpe waaroor mense wil praat nie.

Kenners het aan Die Vryburger gesê dat hierdie nuwe rigting saamval met die vorige besluit van die SAPD wat nie meer misdaad verslae bekend maak nie, wat gedoen word in die hoop dat dit, binnelands en ook in die buiteland, die indruk sal laat dat die land misdaadvry geword het.

 

Die moontlikheid bestaan dat die SABC ’n tekort aan materiaal gaan ondervind om “positiewe nuus” uit te saai, en kykers sal dalk tevrede moet wees om na “lokasie prestasies” te kyk of te luister, word gesê.