Rusland staan in vir Sirië

Die aanbeveling wat Rusland gemaak het om ’n inval van die VSA te voorkom, is uiteindelik deur Sirië aanvaar en sal hul chemiese wapens bloot te lê en ook produksie daarvan te staak.

Sirië se Minister van Buitelandse Sake, Walid al-Muallem, het die opspraakwekkende aankondiging gemaak tydens ’n mediakonferensie.

Die Russiese nuusdiens “Interfax” het gerapporteer dat Sirië nou bereid en gereed is om die Russiese aanbeveling tot uitvoer te bring.

Sirië sal hul chemiese wapenopslagplekke aan Rusland, aan ander lande, asook aan die Verenigde Nasies (VN) wys.

Politieke waarnemers sê dat Rusland met die sterk optrede, die oorlogsugtige Obama van die VSA, ietwat onkant gevang het.

Die VSA het miljarde dollars spandeer om oorlogskepe en ondersteunende toerusting te stuur om op ’n gereedheidsgrondslag te kom om Sirië binne te val.