RSA wil Kenia help

Die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake het bekend gemaak dat hulle besig is met ’n ondersoek om vas te stel of die “Wit weduwee”, ’n vervalste paspoort het.

Die Britse vrou, ’n Moslem, wat onder verskeie name rond beweeg, word wêreldwyd gesoek weens haar bedrywighede in terroriste aanvalle, soos dié in Nairobi.

Die “’wit weduwee” se bedrywighede word ondersoek nadat ‘n Keniaanse minister gesê het sy was een van die militante terroriste wat minstens 62 mense in ‘n winkelsentrum in Nairobi geskiet het.

Kenners meen sy het n oorhoofse rol vervul in die beplanning en uitvoer van die aanval en word derhalwe regoor die wereld gesoek. 

Die vrou, Samantha (Sam) Lewthwaite, gebruik blykbaar die Suid-Afrikaanse paspoort wat vermoedelik uitgereik is deur Departement Binnelandse Sake, of moontlik vervals is deur ’n sel in Suid-Afrika, om van skuilplekke te verwissel.

Sy is ’n prominente figuur in die Al-Sjabaab terroriste beweging.