RSA is duur en gevaarlik

Dawie Roodt van die Efficient-groep beweer dat hy van baie maatskappye weet wat nie in Suid-Afrika wil sake doen nie.

Die rede? Suid-Afrika is glo van die duurste lande ter wereld en daarby ook nog baie gevaarlik.

Die ondernemers gaan glo eerder na lande soos Namibië en Zambië, of in uitsonderlike gevalle na Nigerië, want dit is almal lande met minder geweld en veel goedkoper as Suid-Afrika.

Uit ’n totaal van 148 lande wat by die ondersoek betrokke was, is net sewe lande se kostes hoër as in Suid-Afrika.

Die Vryemarkstigting het in ’n onlangse verslag aangedui dat 20 lande gevaarliker is weens misdaad is as Suid-Afrika.

’n Woordvoerder van die Oranje Sake Instituut het daarop gewys dat talle groot maatskappye weier om in Suid-Afrika sake te doen weens die gereelde en deurlopende neiging tot stakings van werkers. Benewens die finansiële implikasies is dit ook ontwrigtend, en veroorsaak dat maatskappye se goeie naam vir hul diens en gehalte in die slag bly.