Richard Mdluli word vervolg

Die Hooggeregshof in Pretoria het die nasionale direkteur van Openbare Vervolgingsgesag beveel om voort te gaan met kriminele aanklagte teen Richard Mdluli, die voormalige hoof van Misdaad Intelligensie.

Die hof het Maandag ‘n vorige besluit van die Vervolgingsgesag (NDOV) om die kriminele klagte teen Mdluli terug te trek, ter syde gestel.

Regter John Murphy het beslis dat kriminele klagte sonder versuim teen Mdluli gebring moet word. 

“Freedom Under Law” (FUL) het dié hof gevra om die NDOV te gelas om Mdluli te vervolg.

Die vorige besluit van die NDOV om die klagte teen hom terug te trek, is nou verander na ’n bevel om vervolging in te stel.

Die Minister van Veiligheid en Sekuriteit is, saam met die SAPD, beveel om die totale koste van die hofsaak te dra.

Adv. Andrew Chauke, ‘n direkteur van Openbare Vervolging, het vroeg in verlede jaar besluit om ‘n aanklag van moord, sowel as 17 verwante aanklagte teen Mdluli, terug te trek.

Foto – Richard Mdluli