Rekords spat op wildveiling

Mnr. Piet Mare van Gravelotte in Noord-Transvaal het ’n buffelkoei met kalf gekoop op ’n wildveiling vir die rekord prys van R4,5 miljoen.

Die veiling is gehou op ’n wildplaas in die Bloemfontein distrik.

Die nuwe rekord is meer as twee keer die vorige rekord wat vir ’n Laeveldse buffelkoei betaal is.

Die verkoper, mnr. Henk Vorster van die Boshof is trots daarop dat sy yslike buffel ’n goeie prys behaal het.

Die veiling het ook ’n nuwe rekordprys opgelewer toe twee jong jagluiperds, sowat 3 maande oud, vir R90,000 elk verkoop is. Mnr. Martin Krog van Warmbad distrik is die nuwe eienaar.