Rekord spat op perdeveiling

Die bestes uit die bestes van Suid-Afrikaanse Arabierperde is die afgelope week op die tweede prestige veiling van Arabierperde teen rekord pryse verkoop.

Die jong merrie van 7 maande “So-Viva Exotica”, is vir R2,5 miljoen verkoop aan die Abia-sindikaat.

Die sindikaat het ook die 12 jaar oue merrie, “Taylor Made” gekoop vir R1,2 miljoen.

Die telers van die Aucamp-Arabierstoet van Lydenburg en die Strydom-Arabierstoet van Bronkhorstspruit het die veiling gereël.

Francisca Strydom, eienaar van dié perd, het gesê dis ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord.

Die 7 maande “So-Viva Exotica” word as ’n “super model beskryf.

“Der Kaiser”, ’n spierwit hingsvul, het vir R65,000 verkoop

Altesaam 39 perde is verkoop vir ’n totale bedrag van R8,5 miljoen.

Foto – So-Viva Exotica