Regering vat toegekende grond

Minister Gugile Nkwinti , belas met Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, sê plase wat deur die regering aan swartes toegeken is in die grondgryp-program, wat tans onbenut lê, gaan teruggeneem word.

Talle plase is deur die ANC regering aan sogenaamde grond-honger swartes oorgedra wat voorheen hoogs produktiewe plase was, maar waarvan slegs enkele plase effektief bestuur word.

Nkwinti het blykbaar verlede Saterdag verskeie grondhervormingsprojekte in die Vrystaat besoek wat deel vorm van ’n termyn-hersiening, oor watter vordering op die grond gemaak is gedurende die afgelope drie jaar sedert 2010, toe die grond oorgedra is aan die swart boere.

Gedurende die besoeke is een suksesvolle landbouer gevind. Hy boer in die Bloemfontein distrik.

Die African Farmers Association of South Africa (Afasa) se provinsiale president, Pitso Sekhoto, sê ’n groot aantal van die begunstigdes het hul plase verkoop weens ’n gebrek aan ’n passie vir landbou.

Gesaghebbendes in landbou-kringe het aan Die Vryburger gesê dat die roekelose oordrag van grond aan onbekwame, en onwillige mense, met die doel om te meen hulle sal produktief boer, is ’n mite en ’n gevaarlike spel wat voedselsekerheid in gedrang bring.

Foto –  Gugile Nkwinti