Red Afrikaans met tiende provinsie

Cerneels Lourens, ’n prokureur van beroep, en ’n taalaktivis, wat die regering al verskeie kere hof toe geneem het oor taalbeleid in die land, sê noudat Afrikaans kan van ondergang gered word in ’n “sogenaamde tiende provinsie”.

Dit kan dan die tiende inklusiewe provinsie in die “nuwe” Verenigde State van Suidelike Afrika (VSSA) word waar net Afrikaans gepraat word.

Sover het mnr. Lourens se argument tientalle laat regop sit uit belangstelling tydens ’n konferensie oor onderwys aangeleenthede, wat hy moes toespreek.

Sy idee van ’n tiende provinsie moet egter nie geografies afgebaken word nie, maar moet eerder deel vorm van die breër grondwetlike struktuur.

Boere-Afrikaners het aan Die Vryburger gesê dat mnr. Lourens miskien goeie bedoelings het met sy gedagte om Afrikaans te beskerm teen ondergang, maar dit sal nie die volk wat Afrikaans tot stand gebring het, verseker van hulle staatkundige vryheid nie.

Afrikaans sal nie deur die ANC regering beskerm word nie. Vir die regering is dit ’n apartheids-gogga, het hulle gesê.