Rebelle gebruik gifgas

 

Pres. Wladimir Poetin van Rusland het nou verder uitgewei oor die chemiese wapen dispuut in Sirië, en gesê daar is voldoende rede om te glo dat die onlangse aanval met chemiese wapens in voorstede van Damaskus afkomstig is van die rebelle en beslis nie deur die regering van pres. Basjar al-Assad nie.

Pres. Poetin het ook daarop gewys dat daar in ‘n meningstuk, wat in die “New York Times” verskyn het, gesê is die VSA moet ook eerder Rusland se voorstel aanvaar, dat Sirië se chemiese wapens so spoedig moontlik onder internasionale beheer moet kom.

Poetin se uiteensetting word in Westerse kringe met twyfel aangehoor en talle is skepties oor sy mening in die verband.

Kenners meen daar is ’n veel groter moontlikheid dat die chemiese wapens se gebruik in Damaskus, volgens aanduidings, wel deur regeringsmagte aangewend is.

Foto – Pres. Poetin