Prokureur vas oor bedrog

Mashilo Cyril Ernest Bopape, ‘n prokureur in Sentraal Transvaal, het glo R40,000 betaal aan ’n amptenaar by die Padongelukkefonds (POF) om daardeur ’n verwysing te kry vir ’n derdeparty-eis wat hom ’n bepaalde inkomste voordeel sou besorg.

Bopape is vasgetrek en is deur die Hooggeregshof in Pretoria vir twee jaar geskors as prokureur.

Die hof het glo bevind dat hy geen dienste gelewer het nie, maar het wel ’n fooi ontvang waarop hy geen reg het nie.

Bopape, het toe die skuld op sy gade geplaas wat glo te hoë finansiële eise aan hom stel.

Regter Sulet Potterill het gesê oneerlikheid is een van die kenmerke wat iemand ongeskik maak vir die prokureursrol.