Program om skelm polisie uit te vang

Die polisiehoof, Genl. Riah Phiyega, is nou op soek na die volmaakte rekenaarstelsel wat oor die vermoë beskik om ’n polisielid se vorige veroordeling op te vang sodat vervolging ingestel kan word.

Phiyega het weer in die kruisvuur beland toe hy antwoorde moes gee aan die parlement oor die doen en late van die Departement.

Die verkeerde aanstelling van genl.. Mondli Zuma het ook ter sprake gekom, en kon daar nie bevredigende antwoorde gegee word nie.

Sy kyk nou glo na ’n stuk of 50 verskillende rekenaar programme wat die skelms in die polisie sal uitwys.

Waarnemers en rekenaar kenners meen egter dat sulke inligting eers in die sisteem ingevoer moet word alvorens dit “beskikbaar” sal wees. Dan kan die skuldige polisiebeampte maar geïdentifiseer word voor die besonderhede ingelees is op ’n databank.

Dr. Pieter Groenewald, VF LP, het haar aangeraai om soekenjins soos Google te gebruik, maar sy sê sy weet niks van rekenaars nie.