Pretoria word Swartmanstad

Dit blyk dat die ANC is sy haatveldtog teen blanke Pretoria, nou ’n nuwe strategie gaan toepas om die hoofstad se beeld van ’n blanke stad te omskep in ’n ANC-nuwe nasie beeld.
Volgens ’n uitspraak van die Pretoria burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, sal Tshwane uiteindelik die stad se amptelike naam word.
Hy het gesê die hofstryd oor straatname gaan nie die ANC in sy spore stuit nie en talle nuwe inisiatiewe word nou in werking gestel om die beeld van die stad te verander.
“Ons gaan onstuitbaar wees, en is oortuig daarvan dat ons die saak uiteindelik in die hof sal wen vanweë die korrektheid wat die ANC verteenwoordig.”
Hy sê die ANC sal ook nie toelaat dat iemand in sy pad staan met die verandering van Pretoria se naam na Tshwane nie.
Gelykluidend het minister Paul Mashatile, van Departement Kuns en Kultuur, aangekondig dat van die bestaande standbeelde by die Uniegebou opsy geskuif gaan word om ruimte te maak vir die massiewe bronsbeeld wat meer as R8miljoen gekos het, van die voormalige terroris en ANC president Nelson Mandela.
Die standbeeld van genl. Louis Botha gaan glo plek maak vir Mandela se standbeeld.
Gerugte word versprei dat die ANC-regime ook ’n sogenaamde Erfenismuseum in “Tshwane” gaan vestig om 400 swart leiers soos Shaka en Moshoeshoe in bronsbeelde te vereer..
Die burgemeester sê die Uniegebou moet ’n “nuwe betekenis” kry.
Nelson Mandela se standbeeld sal op 16 Desember deur Jacob Zuma onthul word.